Vermoedelik word 'geestelik' (tradisioneel in Afrikaans) meer in die
moreel/godsdienstige konteks gebruik en verwys 'spiritualiteit' meer na 'n
breër konteks?
Ek het nie die artikel gelees nie, maar dit sou die paradoksale term
'sekulêre spiritualiteit' kan verklaar as 'nie-kerklike geestelikheid'.
In Engels is daar natuurlik net een woord (uit Latyn gepinch), sodat die
onderskeid met 'secular spirituality' aangedui sou kan word.
-----Original Message-----
From: ZaLang@yahoogroups.com [mailto:ZaLang@yahoogroups.com] On Behalf Of
hes_379
Sent: 03 April 2006 12:06 PM
To: ZaLang@yahoogroups.com
Subject: [ZaLang] KLETS: spiritualiteit vs geestelikheid
Goeiemore!
Lees vanoggend in Beeld prof Christina Landman se boeiende stuk oor
sekulêre spiritualiteit. Herkou agterna aan die inhoud en so in die
verbygaan ook aan "spiritualiteit" - hoe verskil dit nou in betekenis
van "geestelikheid"? Enige kommentaar of gedagtes, of kloof ek nou hare?