Search the web
Sign In
New User? Sign Up
ZaLang · ZaLang - South African language workers
? Already a member? Sign in to Yahoo!

Yahoo! Groups Tips

Did you know...
Show off your group to the world. Share a photo of your group with us.

Best of Y! Groups

   Check them out and nominate your group.
Having problems with message search? Fill out this form to ensure your group is one of the first to be migrated to the new message search system.

Messages

  Messages Help
Advanced
Messages 1 - 30 of 42831   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Messages: Show Message Summaries   (Group by Topic) Sort by Date v  
#30 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 7:34 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Dit kry mens nou van sneltik! ;))

***********


> From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@...>
>
> O ja, "speod" = "spoed"!
>

#29 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 7:48 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza

Dis in elk geval goed om te weet dat sommige mense die een term bo die
ander verkies. As mens jou klient ken, kan jy dus sy/haar voorkeur
gebruik.

Dankie vir die EURODICAUTOM-adres.

Johan

Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#28 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 7:29 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Ek wou beslis nie anglisismes jag nie, Johan! Maar ek moes my beter
uitgedruk het. Persoonlik het ek niks teen spoedlees nie, en ek gebruik dit
dikwels self. Maar ek het al mense teëgekom vir wie ek bietjie werk doen, en
ook akademici hier by ons, wat wel die betekenisonderskeid tref. Toe een van
my vriende 'n leeskursus hier op kampus gevolg het, het die voorligter dit
hom ook op die hart gedruk dat daar 'n betekenisonderkeid is, volgens haar,
tussen spoedlees en vluglees, veral omdat daar eens op 'n tyd 'n geweldige
fokus in leeskursusse op sg. spoedlees ten koste van akkuraatheid. Volgens
haar impliseer vluglees meer akkuraatheid as wat spoedlees noodwendig
impliseer, maar soos jy tereg sê, is hulle inderdaad sinonieme. Nederlands
gebruik ook snellees.

Terloops, ek gebruik dikwels die Internet-weergawe van die EURODICAUTOM vir
blitsnavrae. Alhoewel AFrikaans nie daar is nie, is dit 'n handige manier om
onbekende terme vinnig op te spoor en soms, na aanleiding van die
Nederlands, kom mens gouer op die spoor van die Afrikaanse ekwivalent.

Die URL is: http://eurodic.echo.lu/cgi-bin/edicbin/EuroDicWWW.pl of
http://eurodic.echo.lu


*******************
----- Original Message -----
From: Johan Blaauw <VRKJWHB@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Thursday, November 25, 1999 9:20 AM
Subject: Re: [SATItrans] VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply


> From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@...>
>
> Dis nou grensende aan die ou anglisismejag! Daar is absoluut niks met
> "spoedlees" verkeerd nie. "Snellees" en "vluglees" is bloot sinonieme
> daarvan.
>
> Afrikaans het die woord "spoed" en die woord "lees", met lg. wat as ww.
> en as s.nw. (soos in "Met die eerste (deur)lees van die stuk het sy
> alles verstaan") kan optree. "Hy spoedlees die dokument" is dan 'n
> heeltemal logiese werkwoordelike gebruik van "lees".
>
> As 'n mens terme van Engels na Afrikaans vertaal en nuwes moet skep, is
> herkenbaarheid van die oorspronklike nogal nie 'n slegte uitgangspunt
> nie. "Speed" word algemeen met "speod" vertaal, soos in "spoedtoets",
> "spoedlokval", "spoedbeperking", ens. Hoekom dan nie "spoedlees" nie?
>
> Om te wil beweer dat "vlug" impliseer "met aandag" en "spoed" nie, maak
> my nogal bekommerd oor wat dan tydens 'n "spoedoperasie" (HAT bl. 990)
> sou gebeur!
>
>
> Johan Blaauw
> Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
> PU vir CHO/PU for CHE
> Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
> Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
> Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#27 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 7:28 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
O ja, "speod" = "spoed"!

Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#26 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 7:20 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Dis nou grensende aan die ou anglisismejag! Daar is absoluut niks met
"spoedlees" verkeerd nie. "Snellees" en "vluglees" is bloot sinonieme
daarvan.

Afrikaans het die woord "spoed" en die woord "lees", met lg. wat as ww.
en as s.nw. (soos in "Met die eerste (deur)lees van die stuk het sy
alles verstaan") kan optree. "Hy spoedlees die dokument" is dan 'n
heeltemal logiese werkwoordelike gebruik van "lees".

As 'n mens terme van Engels na Afrikaans vertaal en nuwes moet skep, is
herkenbaarheid van die oorspronklike nogal nie 'n slegte uitgangspunt
nie. "Speed" word algemeen met "speod" vertaal, soos in "spoedtoets",
"spoedlokval", "spoedbeperking", ens. Hoekom dan nie "spoedlees" nie?

Om te wil beweer dat "vlug" impliseer "met aandag" en "spoed" nie, maak
my nogal bekommerd oor wat dan tydens 'n "spoedoperasie" (HAT bl. 990)
sou gebeur!


Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#25 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 6:52 am
Subject: Re: VERT: Afr>Eng: Spoedlees
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Giggel oor speed read, dalk, maar nie oor speed reading nie.  Dis
juis van die Engelse "speed reading" dat ons in Afrikaans met spoedlees sit.
Ek verkies vir die Afrikaans egter vluglees (alhoewel daar 'n effense
betekenisverskil kan wees - spoedlees gaan dikwels net oor hoe vinnig jy
lees, ongeag begrip, terwyl vluglees spesifiek daarop dui dat jy die teks
vinnig deurgelees het om die kern uit te haal. Maar wat is die res van die
sin? Gaan dit oor spoedlees as 'n konsep wat verduidelik moet word (dan sou
ek "speed reading" gebruik) of is dit iets soos "Hy/sy spoedlees die
dokument'"? In lg. geval dan dalk eerder iets soos "scanning the document",
" (en veral hier sou ek eerder in Afrikaans vluglees gebruik).

*******************
----- Original Message -----
From: Anneline Jacobsohn <Sp#032#Aj@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Wednesday, November 24, 1999 10:00 AM
Subject: [SATItrans] VERT: Afr>Eng: Spoedlees


> From: "Anneline Jacobsohn" <Sp#032#Aj@...>
>
> Kan iemand my sê wat is spoedlees in Engels? Ek is seker dis baie
eenvoudig, maar ek sit en giggel oor speed read en kan nie dink nie.
>
> Anneline
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#24 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 6:19 am
Subject: VERT: Afr>Eng: Spoedlees -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Dit is "speed reading"


Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#23 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 25, 1999 5:42 am
Subject: Re: AMDIN: Hicks
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Anne-Marie, jy behoort nou die lys se boodskappe op mweb te kry.

*************

>
> Maritza
>
> Verander asb my adres vir hierdie lys na ahicks@...
> <mailto:ahicks@...>
>
> Dankie en groetnis
> Anne-Marie
>

#22 From: Anne-Marie Hicks <AHicks@xxxxxxxxxxx.xx.xxx
Date: Wed Nov 24, 1999 12:08 pm
Subject: RE: Eng>AFR: Vertaling -Reply
AHicks@xxxxxxxxxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza

Verander asb my adres vir hierdie lys na ahicks@...
<mailto:ahicks@...>

Dankie en groetnis
Anne-Marie

#21 From: "Anneline Jacobsohn" <Sp#032#Aj@xxxxx.xxx.xxx.xxx
Date: Wed Nov 24, 1999 8:00 am
Subject: VERT: Afr>Eng: Spoedlees
Sp#032#Aj@xxxxx.xxx.xxx.xxx
Send Email Send Email
 
Kan iemand my sê wat is spoedlees in Engels? Ek is seker dis baie eenvoudig,
maar ek sit en giggel oor speed read en kan nie dink nie.

Anneline

#20 From: "McLachlan" <tommcl@xxxx.xx.xxx
Date: Tue Nov 23, 1999 10:30 pm
Subject: Re: Eng>AFR: Vertaling
tommcl@xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Tom sê: Ek gaan akkoord. As ek dit nie te sterk wil stel nie, sou "jou
voorberei op" deug. Met 'n bietjie meer murg in die pype, "jou staal vir".
----- Original Message -----
From: Willem & Elise Botha <wmbotha@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Thursday, November 18, 1999 5:30 PM
Subject: Re: [SATItrans] Eng>AFR: Vertaling


> From: "Willem & Elise Botha" <wmbotha@...>
>
> Van Willem Botha:
>
> Jou voorberei op (volgens Pharos Tweetalige Frasewoordeboek). Eksteen se
> Groot Wbk het to brace oneself up (wat ek nie aanvaar nie) hom verman, hom
> sterk maak. Ek vra maar word dit in gepaste omstandighede dan haar
vervrou?
> Ekself gebruik jou staal vir iets.
>
>  --- Original Message -----
> From: Maritza van Heerden <vheerdmw@...>
> To: <SATItrans@onelist.com>
> Sent: Thursday, November 18, 1999 11:49
> Subject: [SATItrans] Eng>AFR: Vertaling
>
>
> > From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@...>
> >
> > My brein is 'n bietjie gaar vandag. Kan iemand my help met 'n goeie
> > vertaling vir die uitdrukking "to brace yourself"??
> >
> > *^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^
> > Maritza van Heerden
> > Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging
> > Universiteit van die Vrystaat
> > Posbus 339
> > Bloemfontein
> > Suid-Afrika
> >
> > Tel: ++27 (0)51 401 2405
> > Faks: ++27 (0) 51 44483976
> > vheerdmw@...
> > www.etfb.org.za
> >
> > > Welcome to the e-mail list for South African Translators and
Interpreters!
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#19 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Wed Nov 24, 1999 6:01 am
Subject: Re: ENG>AFR: Katoenvertaling -Reply
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Johan, ek het jou e-pos deurgestuur aan Lynette - sy het die vraag
oorspronklik op 'n ander poslys gevra en toe stuur ek dit aan hierheen.

*^*^*^*^*^^*^*^
----- Original Message -----
From: Johan Blaauw <VRKJWHB@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Monday, November 22, 1999 9:21 AM
Subject: [SATItrans] ENG>AFR: Katoenvertaling -Reply


> From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@...>
>
> Beste Lynette
>
> " ... the only installations in South Africa equipped to produce double
> delinted seed which is in much demand from oil expressers."
>
> Een moontlike vertaling is:
>
> "... die enigste installasies in Suid-Afrika wat toegerus is om
> dubbelontveselde saad te produseer, waarvoor daar 'n groot vraag onder
> oliepersers bestaan"
>
> Of die einde van die sin kan ook wees:
> ...van die kant van oliepersers is"
>
>
> Die "double delinted" beteken dat die katoensade eers uit die vesel
> gekam word (eerste ontveseling) en dat dit daarna 'n tweede ontveseling
> (gewoonlik chemies) ondergaan, sodat die oliekoek, wat vir veevoer
> gebruik word, die minimum vesel sal bevat, omdat dit vir hulle om die
> maksimum hoeveelheid proteien gaan.
>
> Ek het meer van 'n probleem met "oil expressers" gehad, maar het die met
> 'n meneer (ek is nie heeltemal seker van die titel nie) Swanevelder by
> die Navorsingsinstituut vir Graangewasse se Olie- en Proteiensadesentrum
> bevestig.
>
> As jy verdere probleme ondervind, skakel gerus met hulle by
> (018)299-6100.
>
> Groete
>
> Johan Blaauw
> Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
> PU vir CHO/PU for CHE
> Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
> Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
> Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#18 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Mon Nov 22, 1999 7:21 am
Subject: ENG>AFR: Katoenvertaling -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Beste Lynette

" ... the only installations in South Africa equipped to produce double
delinted seed which is in much demand from oil expressers."

Een moontlike vertaling is:

"... die enigste installasies in Suid-Afrika wat toegerus is om
dubbelontveselde saad te produseer, waarvoor daar 'n groot vraag onder
oliepersers bestaan"

Of die einde van die sin kan ook wees:
...van die kant van oliepersers is"


Die "double delinted" beteken dat die katoensade eers uit die vesel
gekam word (eerste ontveseling) en dat dit daarna 'n tweede ontveseling
(gewoonlik chemies) ondergaan, sodat die oliekoek, wat vir veevoer
gebruik word, die minimum vesel sal bevat, omdat dit vir hulle om die
maksimum hoeveelheid proteien gaan.

Ek het meer van 'n probleem met "oil expressers" gehad, maar het die met
'n meneer (ek is nie heeltemal seker van die titel nie) Swanevelder by
die Navorsingsinstituut vir Graangewasse se Olie- en Proteiensadesentrum
bevestig.

As jy verdere probleme ondervind, skakel gerus met hulle by
(018)299-6100.

Groete

Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#17 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Mon Nov 22, 1999 7:01 am
Subject: Eng>AFR: Vertaling -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza

As dit nie te laat is nie - "om jou(self) te staal"

Groete

Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#16 From: "Willem & Elise Botha" <wmbotha@xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 18, 1999 3:30 pm
Subject: Re: Eng>AFR: Vertaling
wmbotha@xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Van Willem Botha:

Jou voorberei op (volgens Pharos Tweetalige Frasewoordeboek). Eksteen se
Groot Wbk het to brace oneself up (wat ek nie aanvaar nie) hom verman, hom
sterk maak. Ek vra maar word dit in gepaste omstandighede dan haar vervrou?
Ekself gebruik jou staal vir iets.

  --- Original Message -----
From: Maritza van Heerden <vheerdmw@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Thursday, November 18, 1999 11:49
Subject: [SATItrans] Eng>AFR: Vertaling


> From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@...>
>
> My brein is 'n bietjie gaar vandag. Kan iemand my help met 'n goeie
> vertaling vir die uitdrukking "to brace yourself"??
>
> *^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^
> Maritza van Heerden
> Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging
> Universiteit van die Vrystaat
> Posbus 339
> Bloemfontein
> Suid-Afrika
>
> Tel: ++27 (0)51 401 2405
> Faks: ++27 (0) 51 44483976
> vheerdmw@...
> www.etfb.org.za
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#15 From: Wolhuter G <GWolhuter@xxxx.xxx.xxx
Date: Thu Nov 18, 1999 10:01 am
Subject: RE: Eng>AFR: Vertaling
GWolhuter@xxxx.xxx.xxx
Send Email Send Email
 
He braces himself for ...
Hy berei hom op ... voor (bv slegte tydiing)

Die Tweetalige Frasewoordeboek/Bilingual Phrase Dictionary van P.A. Joubert,
bl 262, Pharos, 1997, ISBN 1 86890 004 5



> -----Original Message-----
> From: Maritza van Heerden [mailto:vheerdmw@...]
> Sent: 18 November 1999 11:50
> To: SATItrans@onelist.com
> Subject: [SATItrans] Eng>AFR: Vertaling
>
>
> From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@...>
>
> My brein is 'n bietjie gaar vandag. Kan iemand my help met 'n goeie
> vertaling vir die uitdrukking "to brace yourself"??
>
> *^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^
> Maritza van Heerden
> Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging
> Universiteit van die Vrystaat
> Posbus 339
> Bloemfontein
> Suid-Afrika
>
> Tel: ++27 (0)51 401 2405
> Faks: ++27 (0) 51 44483976
> vheerdmw@...
> www.etfb.org.za
>
> --------------------------- ONElist Sponsor
> ----------------------------
>
>     GRAB THE GATOR! FREE SOFTWARE DOES ALL THE TYPING FOR YOU!
> Tired of filling out forms and remembering passwords? Gator fills in
> forms and passwords with just one click! Comes with $50 in
> free coupons!
>   <a href=" http://clickme.onelist.com/ad/gator4 ">Click Here</a>
>
> --------------------------------------------------------------
> ----------
> Welcome to the e-mail list for South African Translators and
> Interpreters!
>

#14 From: "Johan Blaauw" <VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Date: Wed Nov 17, 1999 1:54 pm
Subject: Re: Nuwe lid -Reply
VRKJWHB@xxxxxx.xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo Karin

Ek het ook jou e-pos ontvang maar het ongelukkig geen kennis oor jou
navraag nie. Om die waarheid te se, ek weet niks van die hele bedryf van
die gespreksgroep nie - is maar net lid daarvan.

Groete


Johan Blaauw
Hoof: Taalpraktyk/Head: Language Practice
PU vir CHO/PU for CHE
Tel.: (018)299-2618 (International: 27 18 299 2618)
Fax: (018)299-2603 (International: 27 18 299 2603)
Cell: (082)822-5110 (International: 27 82 822 5110)

#13 From: "Francesco de Foglio" <defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Date: Fri Nov 19, 1999 1:21 pm
Subject: URL : tale en afkortings
defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo almal,

Hier is 'n belangrike URL oor die verskillende tale, hulle taalgroepering en
afkortings. Dit is beslis belangrik vir ons vertalers.
http://sunsite.berkeley.edu/amher/iso_639.html

Daar word ook sterk aanbeveel om hierdie afkortings te gebruik by enige poslys
wat met tale betrokke is. SATItrans dus ook!

Geniet julle dag
Lekker werk
Frans


*****************************************
Francesco de Foglio
Bloemfontein - South Africa
Associate Member SATI/1000558
defoglio@...
EN <> IT
AF <> IT
NL > IT
*****************************************

#12 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 18, 1999 10:25 am
Subject: ENG>AFR: Katoenvertaling
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
----- Original Message -----
From: Posthumus, Lynette <lposthumus@...>
To: <taalgesprek@onelist.com>
Sent: Wednesday, November 17, 1999 11:38 AM
Subject: [taalgesprek] Katoenvertaling


> From: "Posthumus, Lynette" <lposthumus@...>
>
> Help hier asb.
>
> " ... the only installations in South Africa eqipped to produce double
> delinted seed which is in much demand from oil expressers."
>
> Ek sukkel met 'double delinted seed', maar sal graag julle vertaling van
> die res van die sin wil hoor om te sien op ek op die regte spoor is.
>
> Dankie byvoorbaat.
>
>

#11 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 18, 1999 9:49 am
Subject: Eng>AFR: Vertaling
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
My brein is 'n bietjie gaar vandag. Kan iemand my help met 'n goeie
vertaling vir die uitdrukking "to brace yourself"??

*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^
Maritza van Heerden
Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging
Universiteit van die Vrystaat
Posbus 339
Bloemfontein
Suid-Afrika

Tel: ++27 (0)51 401 2405
Faks: ++27 (0) 51 44483976
vheerdmw@...
www.etfb.org.za

#10 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Nov 18, 1999 9:04 am
Subject: Re: ADMIN: Nuwe lid & probleme met Onelist
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: Die persoon moet van sy/haar eie e-posadres inskakel. Onelist neem
outomaties die adres van waar die aansluitingsboodskap gestuur is as die een
wat nou die nuwe boodskappe moet ontvang.

Terloops mense, daar was 'n bietjie van 'n probleem met ons lys op Onelist,
daarom het hierdie boodskap van Karin nou eers deurgekom. Ek is baie jammer
as julle gedink het ek wil nie reageer nie, maar daar was 'n tegniese
probleem wat nou uitgesorteer is!!

----- Original Message -----
From: Karin Bloem <karinb.s1@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Friday, October 29, 1999 12:38 PM
Subject: Re: [SATItrans] Nuwe lid


> From: "Karin Bloem" <karinb.s1@...>
>
> Hallo Maritza
> Ek probeer my kollega, Laetitia Jevon, ingeskakel te kry by jou
> vertalerslys. Ek het al haar besonderhede aangestuur na Onelist, maar nou
> kom die e-pos na my toe deur. Kan jy help, asb?
> Laetitia se e-pos-adres is: laetitia.s1@...
> Dankie!
> Karin
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#9 From: "Karin Bloem" <karinb.s1@xxx.xx.xxx
Date: Fri Oct 29, 1999 10:38 am
Subject: Re: Nuwe lid
karinb.s1@xxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo Maritza
Ek probeer my kollega, Laetitia Jevon, ingeskakel te kry by jou
vertalerslys. Ek het al haar besonderhede aangestuur na Onelist, maar nou
kom die e-pos na my toe deur. Kan jy help, asb?
Laetitia se e-pos-adres is: laetitia.s1@...
Dankie!
Karin

#8 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Mon Nov 8, 1999 9:17 am
Subject: ADMIN: Welkom en riglyne
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Baie welkom aan al die nuwe intekenaars op die lys! Net 'n paar riglyne vir
gebruik van die lys:

1) Die doel van die lys is spesifiek om vertalers/tolke/taalpraktisyns in
die breë te help met navrae oor terminologie, ekwivalente ens. Die lede van
die lys skakel almal in hul hoedanigheid as
vertalers/tolke/taalpraktisyns/belangstellendes in met die doel om mekaar te
help in die lig van 'n gebrek aan standaardekwivalente en dikwels ook 'n
gebrek aan naslaanbronne. Dikwels is mens ook net nie seker van die regte
woord/frase nie en wil mens darem net 'n ander mening hê!

2) AL die Suid-Afrikaanse tale word geakkommodeer op die lys. Om die
administrasie makliker te maak, word lede versoek om asb. enige navrae met
die betrokke taal of taalkombinasie vooraf te gaan in die titel, bv.
ENG>AFR: "process re-engineering". Die pyltjie dui uiteraard die
vertaalrigting aan, met die betrokke term in aanhalingstekens. Dit
vergemaklik die vertering van die e-pos vir lede. Onthou asseblief net om
genoeg konteks te gee! Die bydrae kan gemaak word in enige van die tale wat
in die onderwerp ter sprake is.

Lys van taalafkortings (deur die bank dieselfde!):

Afrikaans: AFR
Engels: ENG
SEsotho: SES
Zulu: ZLU
Tswana: TSW
Sepedi: SEP
Ndebele: NDB
Xhosa: XHO
Swati: SWT
Venda: VEN
Tsonga: TSO

3) As die betrokke term in 'n bepaalde veld tuishoort, kan dit ook handig
wees om die spesialisgebied te identifiseer, bv. Medies. Dan lyk 'n bydrae
se onderwerpveld so: ENG>AFR(med): "multiple sclerosis".

Hierdie is 'n paar van die velde, maar voel vry om nog voor te stel. Hierdie
afkortings is gemakshalwe in Engels:

Algemeen - gen. - General
Medies - med.- Medical
Landbou - agr. - Agriculture
Polities - pol. - Politics
Akademies - ac. - Academic
(subvelde vir spesifieke terreine: chem., phys., etc. - legio moontlikhede)

Lede is welkom om hul eie afkortings by te voeg soos nodig, maak die eerste
gebruik van 'n afkorting net so deursigtig as moontlik totdat dit algemeen
aanvaar word.

4) Alle administratiewe aangeleenthede soos hierdie sal ADMIN vooraan hê.
Gereelde lyste van afkortings en ander sake sal onder lede se aandag gebring
word. Alle ADMIN-boodskappe sal voortaan ook in Afrikaans en Engels versprei
word.


*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^*^
Maritza van Heerden
Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging
Universiteit van die Vrystaat
Posbus 339
Bloemfontein
Suid-Afrika

Tel: ++27 (0)51 401 2405
Faks: ++27 (0) 51 44483976
vheerdmw@...
www.etfb.org.za

#7 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Fri Oct 29, 1999 12:34 pm
Subject: Re: Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: toevoerbeheerklep klink vir my goed!

----- Original Message -----
From: Francesco de Foglio <defoglio@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Friday, October 29, 1999 9:45 AM
Subject: Re: [SATItrans] Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)


> From: "Francesco de Foglio" <defoglio@...>
>
> Hallo Maritza,
>
> Hmmm, ongelukkig kan ek nie baie konteks gee nie. Dit is net 'n woordelys
wat ek
> moet saamstel vir 'n belangrike Italiaanse petrolmaatskappy in
Suid-Afrika.
> "hendel van het afsluitkraantje" (NL) is die regte, presiese, ekwivalent
vir daai
> Italiaanse weergawe. En dit is 'n kleppie wat maak dat die kraan oop- of
toegaan.
> Deesdae werk dit egter baie elektronies, en dit lyk uiters anders. Iemand
wat in 'n
> petrolstasie gewerk het sê vir my, "vloeibeheerklep" of
"toevoerbeheerklep". Ek sal
> eerder vir die tweede kies, maar enige raad sal baie welkom wees.
>
> Ek het ook die "aletta" (vleultjie) in Italiaans na "levetta" (klep)
verander. Hulle sê dit
> was 'n fout gewees. "Levetta del rubinetto della benzina" (IT) / "hendel
van het
> afsluitkraantjie" (NL) / "toevoerbeheerklep" (Afrikaans?).
>
> Dankie, Maritza!
> Lekker werk
> Frans
> -----------
> > Maritza: 'n Bietjie meer konteks, asb. Frans. Praat jy nou van die
> > petrolslang met die spuitkop vooraan waar die petrol afgesluit word? Of
is
> > daar 'n ander plek, byvoorbeeld by die ondergrondse tenk, waar hierdie
> > klep/kraan gevind word? En soek jy 'n term vir die handvatsel (hendel)
of
> > vir die afsluitkraantje (klep/kraan). Ek ken ongelukkig g'n Italiaans
nie,
> > dis hoekom ek presies wil probeer seker maak wat die bedoeling is.
> >
> >
> > ----- Original Message -----
> > From: Francesco de Foglio <defoglio@...>
> > To: <SATItrans@onelist.com>
> > Sent: Thursday, October 28, 1999 5:35 PM
> > Subject: [SATItrans] Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
> >
> >
> > > From: "Francesco de Foglio" <defoglio@...>
> > >
> > > Hallo Almal,
> > >
> > > Ek soek 'n Afrikaanse ekwivalent vir hierdie Italiaanse term ("Aletta
> > > del
> > rubinetto
> > > della benzina"). Ek het nl. die Nederlandse weergawe daarvan gekry,
maar
> > dit help
> > > my nou niks nie. Die Hollanders noem dit: "hendel van het
> > > afsluitkraantje"
> > en dit is 'n
> > > toestel wat die kraan van die petrol in die petrolstrasies oopmaak.
> > >
> > > Enige hulp sal waardeer word.
> > >
> > > Baie dankie
> > > Frans
>
> *****************************************
> Francesco de Foglio
> Bloemfontein - South Africa
> Associate Member SATI/1000558
> defoglio@...
> EN <> IT
> AF <> IT
> NL > IT
> *****************************************
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#6 From: "Francesco de Foglio" <defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Date: Fri Oct 29, 1999 7:45 am
Subject: Re: Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo Maritza,

Hmmm, ongelukkig kan ek nie baie konteks gee nie. Dit is net 'n woordelys wat ek
moet saamstel vir 'n belangrike Italiaanse petrolmaatskappy in Suid-Afrika.
"hendel van het afsluitkraantje" (NL) is die regte, presiese, ekwivalent vir
daai
Italiaanse weergawe. En dit is 'n kleppie wat maak dat die kraan oop- of
toegaan.
Deesdae werk dit egter baie elektronies, en dit lyk uiters anders. Iemand wat in
'n
petrolstasie gewerk het sê vir my, "vloeibeheerklep" of "toevoerbeheerklep". Ek
sal
eerder vir die tweede kies, maar enige raad sal baie welkom wees.

Ek het ook die "aletta" (vleultjie) in Italiaans na "levetta" (klep) verander.
Hulle sê dit
was 'n fout gewees. "Levetta del rubinetto della benzina" (IT) / "hendel van het
afsluitkraantjie" (NL) / "toevoerbeheerklep" (Afrikaans?).

Dankie, Maritza!
Lekker werk
Frans
-----------
> Maritza: 'n Bietjie meer konteks, asb. Frans. Praat jy nou van die
> petrolslang met die spuitkop vooraan waar die petrol afgesluit word? Of is
> daar 'n ander plek, byvoorbeeld by die ondergrondse tenk, waar hierdie
> klep/kraan gevind word? En soek jy 'n term vir die handvatsel (hendel) of
> vir die afsluitkraantje (klep/kraan). Ek ken ongelukkig g'n Italiaans nie,
> dis hoekom ek presies wil probeer seker maak wat die bedoeling is.
>
>
> ----- Original Message -----
> From: Francesco de Foglio <defoglio@...>
> To: <SATItrans@onelist.com>
> Sent: Thursday, October 28, 1999 5:35 PM
> Subject: [SATItrans] Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
>
>
> > From: "Francesco de Foglio" <defoglio@...>
> >
> > Hallo Almal,
> >
> > Ek soek 'n Afrikaanse ekwivalent vir hierdie Italiaanse term ("Aletta
> > del
> rubinetto
> > della benzina"). Ek het nl. die Nederlandse weergawe daarvan gekry, maar
> dit help
> > my nou niks nie. Die Hollanders noem dit: "hendel van het
> > afsluitkraantje"
> en dit is 'n
> > toestel wat die kraan van die petrol in die petrolstrasies oopmaak.
> >
> > Enige hulp sal waardeer word.
> >
> > Baie dankie
> > Frans

*****************************************
Francesco de Foglio
Bloemfontein - South Africa
Associate Member SATI/1000558
defoglio@...
EN <> IT
AF <> IT
NL > IT
*****************************************

#5 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Fri Oct 29, 1999 7:02 am
Subject: Re: Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Maritza: 'n Bietjie meer konteks, asb. Frans. Praat jy nou van die
petrolslang met die spuitkop vooraan waar die petrol afgesluit word? Of is
daar 'n ander plek, byvoorbeeld by die ondergrondse tenk, waar hierdie
klep/kraan gevind word? En soek jy 'n term vir die handvatsel (hendel) of
vir die afsluitkraantje (klep/kraan). Ek ken ongelukkig g'n Italiaans nie,
dis hoekom ek presies wil probeer seker maak wat die bedoeling is.


----- Original Message -----
From: Francesco de Foglio <defoglio@...>
To: <SATItrans@onelist.com>
Sent: Thursday, October 28, 1999 5:35 PM
Subject: [SATItrans] Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)


> From: "Francesco de Foglio" <defoglio@...>
>
> Hallo Almal,
>
> Ek soek 'n Afrikaanse ekwivalent vir hierdie Italiaanse term ("Aletta del
rubinetto
> della benzina"). Ek het nl. die Nederlandse weergawe daarvan gekry, maar
dit help
> my nou niks nie. Die Hollanders noem dit: "hendel van het afsluitkraantje"
en dit is 'n
> toestel wat die kraan van die petrol in die petrolstrasies oopmaak.
>
> Enige hulp sal waardeer word.
>
> Baie dankie
> Frans
>
>
> *****************************************
> Francesco de Foglio
> Bloemfontein - South Africa
> Associate Member SATI/1000558
> defoglio@...
> EN <> IT
> AF <> IT
> NL > IT
> *****************************************
>
> > Welcome to the e-mail list for South African Translators and Interpreters!

#4 From: "Francesco de Foglio" <defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Date: Thu Oct 28, 1999 3:35 pm
Subject: Help: NL > AFR (hendel van het afsluitkraantje)
defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo Almal,

Ek soek 'n Afrikaanse ekwivalent vir hierdie Italiaanse term ("Aletta del
rubinetto
della benzina"). Ek het nl. die Nederlandse weergawe daarvan gekry, maar dit
help
my nou niks nie. Die Hollanders noem dit: "hendel van het afsluitkraantje"  en
dit is 'n
toestel wat die kraan van die petrol in die petrolstrasies oopmaak.

Enige hulp sal waardeer word.

Baie dankie
Frans


*****************************************
Francesco de Foglio
Bloemfontein - South Africa
Associate Member SATI/1000558
defoglio@...
EN <> IT
AF <> IT
NL > IT
*****************************************

#3 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Tue Oct 19, 1999 3:36 pm
Subject: Fw: [taalgesprek] RE: [kopieskrywersforum] vertaling vir A L S
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
----- Original Message -----
From: Taal Beeld <Taal@...>
To: <kopieskrywersforum@onelist.com>
Cc: <taalgesprek@onelist.com>
Sent: Tuesday, October 19, 1999 2:54 PM
Subject: [taalgesprek] RE: [kopieskrywersforum] vertaling vir A L S


> From: Taal Beeld <Taal@...>
>
> LeonB: "amiotropiese laterale sklerose"?
>
>
> > From: "kalmer" <kalmer@...>
> >
> > het iemand daarbuite 'n vertaling vir Amythropic Lateral Sclerosis? word
> > ook na verwys as Lou Gehrig's disease  of motor neuron disease
> >
> >
>
>

#2 From: "Francesco de Foglio" <defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Date: Mon Oct 11, 1999 4:42 pm
Subject: Re: Welkom Gautengers! En term: regte
defoglio@xxxx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Hallo Maritza

O ja, welkom Gautengers!

Maritza, ek probeer net, wat van *wetlike instelling*?

Baai
Frans

> From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@...>
>
> Aan almal wat sopas aangesluit het, veral so 'n paar mense daar uit
> Pretoria en Metro se wêreld uit, baie welkom! Kan iemand gou vir my sê,
> wat is die Afrikaans vir "legal entity", nie in die sin van 'n natuurlike
> regspersoon nie, maar 'n instelling wat as 'n regspersoon optree.
>
> Dankie!
> Maritza

*****************************************
Francesco de Foglio
Bloemfontein - South Africa
Associate Member SATI/1000558
defoglio@...
EN <> IT
AF <> IT
NL > IT
*****************************************

#1 From: "Maritza van Heerden" <vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Date: Mon Oct 11, 1999 3:04 pm
Subject: Welkom Gautengers! En term: regte
vheerdmw@xx.xxxx.xx.xxx
Send Email Send Email
 
Aan almal wat sopas aangesluit het, veral so 'n paar mense daar uit Pretoria en
Metro se wêreld uit, baie welkom! Kan iemand gou vir my sê, wat is die Afrikaans
vir "legal entity", nie in die sin van 'n natuurlike regspersoon nie, maar 'n
instelling wat as 'n regspersoon optree.

Dankie!
Maritza

Messages 1 - 30 of 42831   Newest  |  < Newer  |  Older >  |  Oldest
Advanced
Add to My Yahoo!      XML What's This?

Copyright © 2009 Yahoo! Inc. All rights reserved.
Privacy Policy - Terms of Service - Guidelines - Help